Plasings

Stampe en stote in die lewe

  Hoe hanteer ons al die stampe en stote in ons lewens? In Afrikaans sê hulle dat elke wolk 'n goue rand het en in Engels sê dat elke wolk 'n silwer randjie het ... Watter een is dan korrek? Met hierdie covid-19 pandemie voel die meeste mense so depressief en sonder hoop, want ons ekonomie is besig om te misluk, en die aandklokreël eindig nooit, en daar is sekere lande in "lockdown", ander wag vir die volgende een alles terwyl ander lande nog sukkel om op te staan ​​van die laaste een. Waarheen is ons oppad ??? Mense het hul werk verloor, hulle kan nie huur bekostig nie en sommige woon al in sekere lande op straat, ons kinders kan nie skoolgaan nie? Hoe sal ons kinders 100% opgevoed word as hulle 3 maande van die jaar skoolgaan, hulle het nie eers 'n idee wat hulle hierdie jaar gedoen het nie, maar die staat sit hulle net deur na die volgende graad, al het hulle gedruip 😮 Ek vra weer ... Waarheen is ons oppad? Sommige gesinne sukkel om oor die weg te kom, an

Familie vs Sosiale Netwerke

 Hierdie mag dalk n lang post raak maar dis baie naby aan my hart... Hoeveel tyd n dag spandeer jy op sosiale netwerke soos facebook, twitter, instagram, tiktok etc? Myne het uitgekom op basies 7-8 ure per dag maar ok kom ek vertel my storie Ek werk van die huis af en het baie meer tyd op my hande as ander mense maar ek het nooit genoeg tyd gehad vir my kinders nie. Ek was altyd te besig om iets op facebook te lees of n video op youtube te kyk, so dit was makliker vir my om n selfoon in my kinders se hande te stop of om te sê gaan kyk tv ek is besig... Mmm daai was die domste... So anyway.. Toe let ek iets snaaks op met my jongste se oë en besluit om hom oogarts toe te vat en net so na die toetse, "Mevrou u kind moet meer buite speel, minder tv kyk en minder op selfone speel" daai was n reguit "sucker punch" in my maag. Net daar en dan besluit, dis genoeg. Het alle sosiale netwerke van my foon verwyder en meer tyd vir my kinders gemaak. Ons speel bord speletjies, sp

Inbrekers & Beskermers

 Ok so asof ons nie al genoeg deur is in 2020 nie is die blerrie vente wat so in die nag rondloop om onskuldige mense se siele te versondig en dit nog na curfew!!! 😮. Hoe beskerm n enkel ma haarself en haar kinders teen mense wat dink hulle kan net in jou huis instap en vat wat hulle wil?? Ek het n paar stewige panne en my oudste seun staan braaf met n krieket bat 😂. Maar die vrees oorweldig n mens en gee jou slapelose nagte en jy is permanent op "high alert" maar dan kom die goeie.... dan kry n mens n vriend wat een van sy honde afstaan vir jou en jou kinders se beskerming. Hou vas aan goeie vriende as julle het, hulle is skaars soos hoender tande en die pragtige hond is nou ons lewe en beskermer💗