Stampe en stote in die lewe

 


Hoe hanteer ons al die stampe en stote in ons lewens?

In Afrikaans sê hulle dat elke wolk 'n goue rand het en in Engels sê dat elke wolk 'n silwer randjie het ... Watter een is dan korrek?

Met hierdie covid-19 pandemie voel die meeste mense so depressief en sonder hoop, want ons ekonomie is besig om te misluk, en die aandklokreël eindig nooit, en daar is sekere lande in "lockdown", ander wag vir die volgende een alles terwyl ander lande nog sukkel om op te staan ​​van die laaste een.

Waarheen is ons oppad ??? Mense het hul werk verloor, hulle kan nie huur bekostig nie en sommige woon al in sekere lande op straat, ons kinders kan nie skoolgaan nie? Hoe sal ons kinders 100% opgevoed word as hulle 3 maande van die jaar skoolgaan, hulle het nie eers 'n idee wat hulle hierdie jaar gedoen het nie, maar die staat sit hulle net deur na die volgende graad, al het hulle gedruip 😮 Ek vra weer ... Waarheen is ons oppad?

Sommige gesinne sukkel om oor die weg te kom, ander woon saam met hulle hele families in 'n klein huisie net om seker te maak dat niemand op straat beland nie. Sommige het nie eers kos om hul gesinne te voed nie.

Besighede sukkel om kop bo water te hou, mense bestee al hoe minder, die stad waarin ek woon is 'n toeriste- en vakansiebestemming. Desembermaande is hierdie plek propvol kampeerders en toeriste, maar die afgelope Desember was dit soos enige ander dag van die jaar. Dit was 'n redelike hartseer gesig.

Maar daar sal in die toekoms groter dinge wees as ons net 'n bietjie langer kan vasbyt, Jy kan die outjie help deur 'n inkopie te doen as jou vriend 'n besigheid het ... Ondersteun hom of haar. Wees vriendeliker teenoor ander mense, selfs al het jy jou eie stryd, Jy weet nooit waardeur n ander persoon gaan nie.Deel n glimlag en 'n vriendelike woord met iemand, n vriendelike gebaar teenoor n vreemdeling kan soms daai gebroke persoon se dag ophelder. As jy iemand kan help wat sukkel, doen dit dan sonder huiwering.

So hier is my bietjie inspirasie vir jou vandag ... God sal jou nooit deur iets laat gaan wat hy weet jy nie sal kan hanteer nie, hy maak jou sterker.


Hou aan om vorentoe te druk, JY is sterk, JY is die moeite werd, JY is 'n kind van God en hy sal jou daardeur help, as jy net vra

Geseende dag vir julle almal 💗

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Inbrekers & Beskermers

Familie vs Sosiale Netwerke