Inbrekers & Beskermers

 Ok so asof ons nie al genoeg deur is in 2020 nie is die blerrie vente wat so in die nag rondloop om onskuldige mense se siele te versondig en dit nog na curfew!!! 😮. Hoe beskerm n enkel ma haarself en haar kinders teen mense wat dink hulle kan net in jou huis instap en vat wat hulle wil?? Ek het n paar stewige panne en my oudste seun staan braaf met n krieket bat 😂. Maar die vrees oorweldig n mens en gee jou slapelose nagte en jy is permanent op "high alert" maar dan kom die goeie.... dan kry n mens n vriend wat een van sy honde afstaan vir jou en jou kinders se beskerming. Hou vas aan goeie vriende as julle het, hulle is skaars soos hoender tande en die pragtige hond is nou ons lewe en beskermer💗

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Familie vs Sosiale Netwerke

Stampe en stote in die lewe