Familie vs Sosiale Netwerke

 Hierdie mag dalk n lang post raak maar dis baie naby aan my hart... Hoeveel tyd n dag spandeer jy op sosiale netwerke soos facebook, twitter, instagram, tiktok etc? Myne het uitgekom op basies 7-8 ure per dag maar ok kom ek vertel my storie

Ek werk van die huis af en het baie meer tyd op my hande as ander mense maar ek het nooit genoeg tyd gehad vir my kinders nie. Ek was altyd te besig om iets op facebook te lees of n video op youtube te kyk, so dit was makliker vir my om n selfoon in my kinders se hande te stop of om te sê gaan kyk tv ek is besig... Mmm daai was die domste... So anyway.. Toe let ek iets snaaks op met my jongste se oë en besluit om hom oogarts toe te vat en net so na die toetse, "Mevrou u kind moet meer buite speel, minder tv kyk en minder op selfone speel" daai was n reguit "sucker punch" in my maag.

Net daar en dan besluit, dis genoeg. Het alle sosiale netwerke van my foon verwyder en meer tyd vir my kinders gemaak. Ons speel bord speletjies, speel buite met die honde en ons kan gesels. Ek was so besig om in sosiale netwerke te lewe dat ek vergeet het hoe om my familie lewe te lewe. 

So hier is n uitdaging vir almal. Sit vir 2 dae julle selfone, rekenaars, ipads ens neer sonder om enige sosiale netwerke te kyk. Speel buite bal saam jou seun, hou n tee partytjie saam jou dogter, hou regte familie etes waar julle opreg kan gesels sonder om enige selfone nader trek. Spandeer net tyd saam jou familie. 

Mense sê kinders vandag het nie maniere nie en kan nie buite speel soos in ons tyd nie maar al wat die kinders doen is wat hulle ouers sê hulle moet doen. Ons moet hulle op die regte pad lei. Dis somtyds moeilik want die wereld is anders en alles is altyd n gejaag en n mens het nie altyd lus veral na n lang dag is n mens moeg en geiriteerd ek weet, maar die mensies is vir ons geleen en hulle sien ons ook maar net n paar uur per dag. 

Familie en vriende is al wat ons in die lewe het, so maak tyd vir hulle want TYD is nie belowe nie

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Inbrekers & Beskermers

Stampe en stote in die lewe